Jy dink seker nou, as ‘n jongmens, “Ek het nou net van die ou begin hou, en nou reken hy my ouers moet my pakslae gee”. Jammer om jou teleur te stel maar het jy geweet, dit is nie regtig wat die gesegde beteken nie..
Nou hoe nou bedoel ? Ja toemaar ek was ook lank upset met die wêreld toe ek hoor dat terwyl ek jonk is moet ek “gebuig” word, en dan wonder mens mos maar vir jouself, “Is dit nou omdat die boompie nie sterk is nie en nie kan terug”buig” of soos sommige dink, terug”slaan” nie ? Beteken dit dat terwyl mens jonk is moet jy maar toelaat dat mense oor jou loop ? Moet jy maar as jongmens net aanvaar as mense lelik is met jou en op jou trap ? Hulle reken mos BUIG die boompie terwyl hy jonk is. Beteken dit dat jy moet toelaat dat mense so erg op jou is dat jy wil knak, soos jong boompies soms doen ?
Surprise…. Die antwoord is NEE… Het jy geweet dat as ‘n boompie besig is om te groei, en die boompie staan in die perfekte nagemaakde “green-house” met die perfekte sonlig, die perfekte grond, die perfekte hoeveelheid water en die perfekte hoeveelheid liefde en aandag, dat die boompie se kans om super swak te wees, baie groot is ? Die rede daarvoor is dat die boompie, soos hy nou daar in die perfekte “alles” staan, net regop groei en homself geniet, tot hy besef dat sy stammetjie glad nie sterk genoeg is om al sy blare en dan nog homself te dra nie, en dan gaan lê die arme ou boompie maar eerder op die grond want skielik is die spanning vir die arme boompie te veel
Waarvan praat jy ? Ja ek sien sommer hoe frons jy terwyl jy nou lees dat die perfekte toestande in die boompie se bestaan dan nie so perfek is vir hom nie. Nou kom die “trick”, hulle noem dit ‘n waaier, en dit is nie iemand wat langs die pad staan en vir jou en jou Ma hulle waai as jy verby hulle ry nie, dit is daardie ronde dinge wat so in die ronde draai en dan voel jy sommer lekker koel. ‘n Waaier het ‘n baie groot rol in vliegtuie ook net so vir interesandheid. Het jy al gesien hoe sweet die “pilot” as daardie waaier voor op die vliegtuig ophou draai ?
So hoe pas die waaier in die verhaal in, en wat het dit met jou te doen, wat nou skielik ‘n boom is ? Toemaar ek het amper self begin wonder maar dit maak alles aan die einde nogal sin.
Jy sien, in meeste gevorderde groei-huise, wat ek aanvaar dieselfde beteken as “green-house” want ek kan nie dink dat dit groen-huis moet wees nie, is daar meeste van die kere waaiers gemonteer teen die kante, wat dalk aan kabels hang in die lug, wat dalk rondstaan tussen die boompies, en wat snaaks genoeg, amper die hele dag aan is en draai van links na regs ook nog.. As jy gewonder het of dit was om die plante koel en kalm te hou, ek het ook lank terug gewonder, maar dit is toe eintlik glad nie met die temperatuur van die boompies te doen nie.
Die waaiers het ‘n baie belangrike rol om te speel in die groei en ontwikkeling en STERK maak van die boompies. Jy sien, die waaiers sit sommer groot hoeveelhede wind aan die beweeg tussen die boompies en wat gebeur ? Ja jy het reg geraai, die boompies word rond gewaai. Eers links, dan regs, dan agtertoe, dan sommer links, regs, vorentoe en agtertoe als saam as ‘n ander waaier van agter af skielik sy rigting verander. Wat nou gebeur is die mees interesantste ding wat jy nou vandag geleer het. Daardie jong ou klein pap-stammetjie boompie moet nou skielik sy blare agtermekaar begin kry en teen die wind opstaan en met die wind wat so tussen alles deur waai, word die boompie al hoe sterker en sterker want die stammetjie oefen, word gedruk in rigtings in, voel soms hy wil knak en besef dan dis soos die manne wat gereeld gaan oefen by die gym, as mens jou spiere oefen, dan raak jy groter en sterker en kan jy teen die wind opstaan.
Nou is die vraag ‘n moeilke een, wat beteken dit in jou lewe? Beteken dit dat jou ouers dit so moeilik moet maak vir jou om groot te word dat jy later crack ? Beteken dit dat jou ouers jou soveel issues moet gee dat jy voel jy wil net gaan lê. Beteken dit dat as jy nie probleme het in die lewe nie gaan jy swak wees as jy groot is ? Die antwoord is weereens NEE. Die vergelyking beteken in my opinie dat as jy jonk en onervare is, en jy is in die perfekte beskermde omstandighede die hele tyd, dat eendag as daardie beskerming wegval, dat jy dalk gaan sukkel om op jou eie staande te bly.
Jy kan seker stry en sê “Ek is ‘n kind van God, niks kan my seermaak nie” en jy sal reg wees maar jy sal ook verkeerd wees want ons leef in die wêreld, ons moet oorleef in die wêreld, ons moet sterk wees teen die dinge van die wêreld en ons moet besef dat ons elke dag wat ons op planeet Aarde is, gaan ons deur die vyand aangeval word want hy is glad nie tevrede met ons as ons veilig is in God nie.
So wat beteken dit vir jou vandag as jongmens en as ouer, dit is baie belangrik vir al twee om te besef wat die uiteinde van die saak is.
Jongmense, onthou dat as jy soos ‘n verestoffer se oorsprong is, dit is natuurlik die volstruis, en jy druk jou kop in die grond as daar probleme kom, dan gaan die kanse dat jy staande gaan bly, nie die beste wees nie. Onthou dat terwyl jy daar met jou kop onder die grond staan, en voel dat alles OhKay is, maak die jagters en slagters buite hulle messe skerp. Die belangrikste vir jou, is om van baie jonk af aan challenges blootgestel te word. Nee dit beteken nie dat op 7 jaar ouderdom moet jy in die middel van Johannesburg afgelaai word en gekyk word of jy kan huistoe stap nie, Nee, dit beteken net dat van jonk af is dit goed dat jy ‘n ligte wind van voor en van die kante en agter in jou lewe het wat jou sterk maak. Moenie kwaad raak met jou ouers as hulle op ‘n stadium vir jou sê dat jy nou iets self moet begin doen, en hulle gaan dit nie meer doen vir jou nie. Moenie voel hulle skryf jou nou af omdat jy nou skielik jou eie bed moet opmaak in die oggend nie ! Hulle is maar net die waaier in jou perfekte omgewing wat jou leer hoe om sterker te word, en die lewe te kan hanteer en in die oë kyk.
Ouers, wat beteken dit vir julle ? Moet ek my kind slaan en breek terwyl hy klein is, NEE, moet ek my kind aan die verderf van ander en die wêreld blootstel en hoop vir die beste, NEE, moet ek my kind los dat die wêreld hom/haar eerder vorm terwyl ek kop onder die grond is en hoop alles daar bo is OhKay, NEE ! Dit beteken dat as ‘n ouer, iemand wat lief is vir sy/haar kinders, die wind sag en stelselmatig moet wees en nie alles gelyk nie. Van ons voel dat ons nie die foute wil maak wat ons ouers gemaak het nie, en dan probeer ons leef deur ons kinders, en hulle so te druk en te vorm en te buig soos ons dink ons moes wees, dat ons nie besef dat ons hulle gaan breek nie.
Hoe bring ons hierdie boompie-fan gesegde terug na die Bybel toe ? In die King James Bybel lees ons (Deuteronomy 5:29) O that there were such an heart in them, that they would fear me, and keep all my commandments always, that it might be well with them, and with their children for ever! ‘n Ander vertaling lees “I wish they would always worship me with fear and trembling and be this willing to obey me! Then they and their children would always enjoy a successful life.” Waarsku God ons nie hier oor dinge in ons lewens nie ? Ek dink dadelik aan die Tien gebooie wat vir ons baie duidelik uitgespel word, in terme van wat ons moet, en nie moet doen nie. Is dit nie maar soos die waaier wat ons almal bietjie rondwaai om sterker te maak nie ? Doen die, moenie daardie doen nie, as jy hierdie en daardie dinge doen dan spel dit moeilikheid ? Klink vir my soos ‘n paar challenges wat alreeds duisende jare terug al belangrik genoeg was om in die Bybel geskryf te word.
(Deuteronomy 29:29) The secret things belong unto the LORD our God: but those things which are revealed belong unto us and to our children for ever, that we may do all the words of this law. Die Contemporary English weergawe skryf “The LORD our God hasn’t explained the present or the future, but he has commanded us to obey the laws he gave to us and our descendants”. Is dit nie maar vir ons soos daardie waaier in die groei-huis wat ons vir jare al waarsku, wat ons moet doen, en hoe ons dit moet doen nie ? Gaan dit nie beter wees as ons by God se reels en regulasies hou vir ons lewens, en sterker word teen die vyand deur dit te doen nie ?
Lees gou hierdie stukkie saam met my, wel, saam maar nie saam nie, jy weet wat ek bedoel : (Deuteronomy 6:4) Listen, Israel! The LORD our God is the only true God! (5) So love the LORD your God with all your heart, soul, and strength. (6) Memorize his laws (7) and tell them to your children over and over again. Talk about them all the time, whether you’re at home or walking along the road or going to bed at night, or getting up in the morning.
(8) Write down copies and tie them to your wrists and foreheads to help you obey them. (9) Write these laws on the door frames of your homes and on your town gates. (10) The LORD promised your ancestors Abraham, Isaac, and Jacob that he would give you this land. Now he will take you there and give you large towns, with good buildings that you didn’t build, (11) and houses full of good things that you didn’t put there. The LORD will give you wells that you didn’t have to dig, and vineyards and olive orchards that you didn’t have to plant. But when you have eaten so much that you can’t eat any more, (12) don’t forget it was the LORD who set you free from slavery and brought you out of Egypt.
Die belangrike deel wat ek hier wil uitlig vir jou, jongmens EN ouer, is vers 6 en 7. In die Modern contemporary lees dit “Memorize His laws and tell them to your children over and over again. Talk about them all the time, whether you’re at home or walking along the road or going to bed at night, or getting up in the morning. “ Dan in vers 8 sien ons sommer dat Ma en Pa moet labels maak en al die reels op dit skryf en aan jou gewrigte vasmaak en selfs op jou voorkop plak ??? Verbeel jouself nou net vir so oomblik, hoe belangrik hierdie reels en wette is, dat dit sommer op jou voorkop moet geplak word, nie die goue sterretjie wat Juffrou op jou voorkop plak as jy 1 by 1 kan tel en op 2 uitkom nie, GOD se reels is so duidelik dit moet uitstaan. Vir my persoonlik beteken dit dat as ek God se wette gehoorsaam en leef soos HY dit voorskryf vir my, dan moet ander mense sommer kan sien as hulle na my kyk dat die wette so duidelik in my lewe is, dat dit netsowel op my voorkop geplak kan wees. Dis nou maar net so klein “Daniël” oomblikkie van “Openbaring aan SELF”
Dit lyk vir my na ‘n baie direkte opdrag vir ons ouers, eerstens, memoriseer GOD se wette, vertel jou kinders en leer hulle daarvan OOR en OOR en OOR en OOR en OOR, praat die HEELTYD met hulle daaroor, of jy nou tuis is, lekker middag-stappie om die blok, as hulle oppad is om te gaan slaap, en wraggies weer sodra hulle opstaan. Dit lyk vir my as ek die ding so kyk, dat ons ouers die waaiers in ons lewens is ? Jy is dalk nie ‘n “fan” van jou ouers elke dag nie, want hulle maak mos jou lewe moeilik vir jou deur te reken jy moet self jou bed begin opmaak ? Of is ek verkeerd ? Het jy nou al vir so oomblikkie gaan stilstaan en dink dat as jou Ma of Pa so moan met jou dat jy moet die gras sny, of die skottelgoed-masjien pak, of die hond kosgee, of jou tande borsel, dat jou Ma en Pa eintlik net doen wat GOD van hulle verwag ?
Sjoe dis nou ‘n taai een om aan te kou vir so paar van ons, ek weet, maar kom ons sê eerder wat gesê moet word en sê dit met liefde en verstaan, as wat jy as jongmens jou ouers nie lekker verstaan nie en dan maak ons net dat ons ouers ons nie verstaan nie want dan verstaan ons ouers nie hoekom ons so moeilik met hulle is nie want hulle probeer ons net help en die regte dinge in die lewe leer wat ons later soveel gaan help. Dit raak nou amper so dat ons moet besef dat daardie waaier wat ons stammetjies sterk maak dat ons die lewe kan face met al sy challenges, eintlik Pa en Ma is wat so omgee vir ons dat hulle net die beste vir ons wil hê, net wil seker maak ons is OhKay as hulle nie meer daar is om te kyk of ons cope nie.
Wat beteken dit vir jou vandag ? Gaan jy jouself toelaat om deur jou ouers geleer te word oor die dinge van die lewe waardeur hulle reeds is ? Gaan jy opstandig raak en moan as jy iets in die huis moet doen wat jy dink is stupid ? Gaan jy probeer verstaan dat as jy gevra word om iets te doen, is dit nie omdat jou ouers lui is nie, hulle probeer jou net regkry vir die lewe daar buite.
Wat beteken dit vir jou as ouer vandag ? Moet ek my kind buig tot breekpunt ? Moet ek dan na breekpunt verder buig want my kind is useless ? Moet ek dalk so tree terugstaan en die lewe soos ons dit vandag beleef bestudeer en verstaan uit my jong kind se perspektief ? Onthou een ding, en dit is die belangrikheid van jou kind vandag, more, oormore, in die toekoms, as jy nie meer hier is om vir hulle te dink nie (As ouers dink ons gereeld ons moet vir ons kinders dink, maar onthou jou opdrag van GOD, maak jou kind gereed vir die wêreld daar buite, oggend middag, aand, soos GOD dit wil, nie soos ons dit wil nie)
Dan iets baie direk en ernstig vir ons ouers. Jy sal verbaas wees wat jy kan doen met ‘n boompie wat jonk is, en as jy na die foto kyk van die boompie in die skrywe, sal jy sien dat die boompie nogal anders lyk as wat jy gewoont is. Jy kan boompies manipuleer om te wees net soos jy dit wil hê, of dit die regte ding is om te doen, ouers, dit gaan net julle self kan besluit met die waarskuwing dat GOD op die einde van die dag, wanneer ons rekenskap moet gee, rekenskap gaan verwag oor hoe ons kinders grootgemaak is. Onthou dat jou jongmens sy/haar eie wil gekry het en ook keuses in die lewe gegee word en ook rekenskap moet gee op die einde van die dag. Daar is dus fyn lyn tussen “Buig die Boompie” en “Doen wat jy wil met die boompie” omdat jy die ouer is. Ek sê dit met liefde en respek, maar die tyd is verby van “Speel Speel Kerk”, ons lewe in ‘n era waar die aanvalle op ons jeug soveel erger en meer en groter is as wat ons ooit kon dink, wees ‘n rots vir jou kind, in die ergste storms, maar leer ook jou kind hoe om sterk te staan teen die wêreld daar buite.
Ons Vader in die Hemel, U is die Begin, U is die Einde. U het U Seun gestuur om vir ons te sterf, U het Hom opgeoffer sodat ons die Ewige Lewe mag erf. Ons is almal kinders van U, en ons vra vandag dat U ons sal wysheid gee hoe om ons rolle te vervul hier op aarde, terwyl ons vir U wag om ons te kom haal. Ons het U vreeslik nodig en is vir U oneindig lief en dankie dat U soveel moeite gedoen het om in die Bybel dit so duidelik te maak wat ons moet doen om sterker te word en te kan staande bly teen aanvalle. Help ons om elke dag net meer en meer van U te leer, en help ons om in die voetspore van ons VADER te wandel en SY voorbeeld te volg, sodat ons ‘n vreugde in U mag bring. Amen







