Wat sien jy vandag raak ?
Ons is so geneig om die groot prentjie te sien en die klien dingetjies te mis… Elke dag dink ek dat my greenhouse regtig nie een van die bestes is nie.. Nou en dan groei alles pragtig en party dae wil ek alles uitruk en oorbegin… Vandag was een van die uitruk en oorbegin dae tot ek gaan stilstaan het en die bigger picture ignore het en mooi gekyk het na die klein “insignificant” goetertjies…
Dan besef mens dat terwyl jy die groot prentjie wil verander om by jou uitkyk aan te pas, die voëltjie wat haar nessie kom maak het waar sy veilig voel, nie worry oor enige prentjie nie… Sy soek net die beste veilige plek vir haar voortbestaan….
Net so ook die droë geel skilletjies wat orals rondhang en mens dink net wat is die punt van die klomp droë goeters wat hier rondhang, tot jy een vat en die droë skilletjie oopbreek en die lekkerste surprise daar ontdek, geel, blink, soet, sappig, alles weggesteek in iets wat jy nooit sou dink om aandag aan te skenk nie..Dalk is dit tyd om die mindset te change en die kleiner dinge in die lewe te begin waardeer…


Dalk is dit net my les vir myself vandag, who knows … Dalk moet ons elke dag bietjie stilstaan en net bietjie “absorb” en ophou om alles te wil verander dat dit beter inpas by wat ons verwag. Ons is so geneig om daadwerklik nou dadelik iets aan ‘n saak te wil doen, maar selfs met die Skepping was daar beplanning en orde… Selfs God het na die Skepping gestaan en kyk na alles, en besluit dat Hy tevrede was…
Dit gee my sommer koue rillings om te dink dat Vader God na my kyk, en dan ook kan sê dat Hy tevrede is met Sy skepping !
Vandag is deel van Paas Naweek, staan bietjie stil, kyk bietjie om jou rond en waardeer alles en almal wat jy nog rondom jou het ! Moenie wag to begrafnisse of troues of jou geliefdes te sien nie, ons mors soveel tyd aan dinge wat sinneloos is later in ons lewens… wat maak dit tog saak hoeveel aandag ons trek as ons winkels toe gaan, of na iemand se partytjie toe gaan ? Dink jy Vader God het aandag gesoek toe Hy ons gemaak het ? Ek twyfel…. Kom ons probeer eerder mekaar raaksien vir wie ons is, en nie vir wie ons dink ons moet wees nie.
Die lewe is kort, maak seker dat jy nie met soveel “Tip-Ex” sit op die einde van die dag om jou foute reg te maak, dat jy die hele doel van jou lewe mis nie 🙂
Blessings







